Putin se oorlog oorheers by New York-besprekings

Die oorlog in die Oekraïne oorheers die 77ste sessie van die VN se Algemene Vergadering. Die verlies aan belangrike graan- en kunsmisuitvoere vanaf die Oekraïne en Rusland wat ‘n voedselkrisis veroorsaak het, veral in ontwikkelende lande, sowel as inflasie en stygende lewenskostes in baie ander, het onder die loep gekom. Koning Abdullah II van Jordanië sê die pandemie, wat deur die krisis in die Oekraïne vererger is, het wêreldwye voorsieningskettings ontwrig en hongersnood laat toeneem. Die Turkse President Recep Tayyip Erdogan het wêreldleiers by die VN-hoofkwartier aangemoedig oor die behoefte aan ‘n vreedsame oplossing vir die oorlog teen die Oekraïne. Intussen was daar ook verwerping van die beplande referendum in die suidooste van die Oekraïne deur Russiese amptenare. Daar word berig hulle wil die internet en posdiens gebruik om dit uit te voer en nie een van die twee dienste funksioneer werklik nie. Jens Stoltenberg, Navo se hoof, sê dis net kamstig. President Hage Geingob sal na verwagting die afgevaardigdes vandag toespreek.