Putin se aanmerkings sal wêreld-ekonomie raak

Navo se sekretaris-generaal, Jens Stoltenberg, sê Russiese President Vladimir Putin se oproep van honderde duisende troepe en dreigement om kernwapens te gebruik, is gevaarlike en roekelose retoriek. Oorlogspraatjies en dreigemente soos Putin s’n het gewoonlik ‘n impak op die wêreld-ekonomie. Dr. Omu Kakujaha-Matundu van die departement van ekonomie van Unam sê daar kan ‘n daadwerklike impak op die wêreld-ekonomie wees.