Bonuspunt-oorwinning is Bokke se teiken

Die Springbok-vleuel, Makazole Mapimpi, sê hulle moet ‘n bonuspunt-oorwinning behaal om die Rugbykampioenskap te wen. Die Bokke moet Saterdag in Durban die Argentyne met ‘n bonuspunt-sege verslaan en hulle hoop die Wallabies doen hulle guns deur hulle aartsvyande, die All Blacks, in Eden Park af te ransel. Mapimpi sê hy hoop om Saterdag geleentheid te kry om ‘n paar drieë te druk en die span te help: