Putin sal onderhandel as Oekraïnse magte wapens neerlê

Die Russiese President Vladimir Putin is gereed om ‘n afvaardiging na Minsk, die hoofstad van Belarus, te stuur vir onderhandelings met Oekraïne, mits die land se weermag hulle wapens neerlê. Die nuus kom te midde van naderende Russiese troep in Kiëf. Hulle is reeds by die stad se buitewyke en het weermagbasisse reeds aangeval. Media in Rusland berig die onderhandelings kan ‘n einde bring aan Oekraïne se voorneme om by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie aan te sluit ná President Volodymyr Zelensky gesê het hy is bereid om Oekraïne se neutraliteit te bespreek. ‘n Woordvoerder van die Kremlin, Dmitry Peskov, sê die president van Belarus, Alexander Lukashenko, ‘n hegte bondgenoot van Rusland, verwelkom die geleentheid om as gasheer vir die Russiese-Oekraïnse beraadslagings op te tree.