Kaapstad op gereedheidsgrondslag indien beurtkrag verskerp

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sê die metro werk so vinnig as moontlik om beurtkrag in die stad te beëindig. Hy beskou die jongste toename in kragonderbrekings as kommerwekkend. Die Rampbestuursentrum is intussen geaktiveer om die gepaardgaande risiko’s met die verhoogde fases te bestuur. Hill-Lewis sê die stad se plan het ‘n jaar gelede begin en het tot dusver positiewe uitslae opgelewer: