Putin neem gasveld oor, Shell, Japan moet dalk uit

President Vladimir Putin het ‘n dekreet onderteken wat volle beheer oor die Sakhalin-2-gas- en olieprojek in Rusland se verre ooste oorneem, ‘n stap wat Shell en Japannese beleggers by die projek kan uitdwing. Die bevel skep ‘n nuwe firma om alle regte en verpligtinge van Sakhalin Energy Investment oor te neem. Shell en twee Japannese handelsmaatskappye Mitsui en Mitsubishi besit net minder as 50 persent van die projek en het dit ook ontwikkel. Gazprom, ‘n Russiese staatsmaatskappy besit die res. Die dekreet dui aan dat die Kremlin sal besluit of die buitelandse vennote kan bly. Die projek verskaf sowat 4 persent van die wêreld se vloeibare gas en Japan voer 10 persent van sy benodighede van die projek af in.