Oortuigende 71-5 oorwinning vir Namibië

Die Namibiese nasionale senior rugbyspan het hulle uiters goed van hulle taak gekwyt en het 71-5 teen Burkina Faso gewen. Die span neem deel aan die Rugby Afrika Wêreldbeker kwalifiserende toernooi in Marseille in Frankryk. Die Namibieërs het elf drieë gedruk en kenners meen hulle het met flair en dissipline gespeel. Zimbabwe het op sy beurt 38-11 teenoor die Ivoorkus geseëvier. Namibië en Zimbabwe pak mekaar volgende week Woensdag.