Putin hou uitvoere aan ‘vyandige’ lande dop

Die Russiese president, Vladimir Putin, sê sy land sal voedsel-uitvoere na vyandige lande noukeurig dophou, omdat die Weste die land met sanksies peper oor sy militêre optrede in Oekraïne. Die Russiese leier sê ook die land se voedselproduksie voldoen ten volle aan sy binnelandse behoefte en moedig amptenare aan om invoere met plaaslike produkte te vervang. Ontwikkelende en invoer-afhanklike lande is swaar getref deur Rusland se militêre optrede in Oekraïne. Die twee lande verteenwoordig meer as ‘n kwart van die wêreld se jaarlikse koringverkope.