Verpleërsvakbond het kommer oor skurftesiekte

Die uitbreking van skurftesiekte in Namibië is deur die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula bevestig met amper 3 500 gevalle landwyd, veral in skole. Die noordelike streke word die ergste geraak. Verpleegpersoneel moet persoonlike beskermende drag dra, want skurftesiekte word gewoonlik versprei deur direkte, langdurige, vel-tot-vel kontak met ‘n persoon wat skurftesiekte het. As verpleegpersoneel pasiënte sonder behoorlike beskermende drag hanteer, maak hulle hulself kwesbaar om besmet te word. Junias Shilunga sekretaris-generaal of die Namibiese Verpleegstersvakbond verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.