Tiger neem deel aan Augusta

Tiger Woods sê hy voel op die oomblik gereed om aan die Meesters deel te neem en hy glo hy kan wen. Die 15-malige major-kampioen was meer as ‘n jaar lank buite aksie nadat hy verlede jaar in Februarie ‘n ernstige beenbesering in ‘n motorongeluk opgedoen het. Woods het by ‘n nuuskonferensie gesê hy voel hy kan steeds op die hoogste vlak meeding as hy wil: