Publiek se wenke aan Nampol help dwelmhandel vasvat

Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adjunk-kommissaris Kauna Shikwambi, het ‘n beroep op Namibiërs gedoen om Nampol te help om die onwettige dwelmmark in die land te vernietig. Shikwambi gesê dat die polisie ‘n reuse- taak het om onwettige dwelmhandel te ontbloot. Daar is ‘n konstante toestroming van dwelms vanaf verskillende grensposte na die land . Nampol hou aan om met behulp van die publiek oortreders in hegtenis te neem en beslag op hierdie onwettige middels te lê. Kosmos 94.1 nuus het aan die voormalige hoof van die dwelm-eenheid, Hermie van Zyl, gevra wat die belangrikheid van die publiek se wenke is wat tot inhegtenisnemings lei.