Versoekskrif van groep dokter oor Ivermektien

‘n Versoekskrif van ‘n groep Namibiese dokters is aan die Namibiese Medisynebeheerraad oorhandig om Ivermektien as behandeling teen Covid toe te laat. Ivermektien is ‘n teen-parasitiese veemiddel en word deur sommiges as ‘n ‘wondermiddel’ vir Covid-19-pasiënte beskryf. Eben de Klerk, een van die lede van die Medisynebeheerrad, het aan Kosmos 94.1 Nuus vertel dat hy van die versoekskrif bewus is en dat die raad in die volgende vergadering die kwessie sal bespreek.