SA ekonomie groei met 1,1%

Statistieke Suid-Afrika het aangekondig dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in die eerste kwartaal vanjaar met 1,1 persent gegroei het. Die finansi√ęle, mynbou- en handelsbedrywe het glo grootliks hiertoe bygedra. Statistieke SA het bevestig dat die ekonomiese bedrywighede in die land toegeneem het weens die verslapte¬†inperkingsvlak. Alhoewel daar vir ‘n derde agtereenvolgende kwartaal positiewe groei was, het die Suid-Afrikaanse ekonomie egter steeds 2,7 persent gekrimp as gevolg van die Covid-19-pandemie.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *