Jagersfontein se krag is ook af na damwal ineenstort

Drie mense is dood en minstens 40 beseer nadat ‘n damwal in Jagersfontein in die Vrystaat gebreek het. Huise en voertuie is meegesleur nadat die dam ineengestort het. Die maatskappy wat die dam besit, Jagersfontein Development, sê hy het sy nood- en rampbestuurprotokolle geaktiveer en hou die situasie saam met die Departement van Water en Sanitasie en plaaslike nooddienste, dop. Intussen sê Eskom hy het grootmaattoevoer na die elektrisiteitsverspreider Centlec verloor. Centlec is verantwoordelik vir kraglewering aan die dorp Jagersfontein en die aangrensende township. Die kragvoorsiener se provinsiale woordvoerder, Reggie Moleko, sê dit is onmoontlik om te bepaal wanneer toevoer herstel sal word of om die omvang van die skade te bepaal: