Psigiaters moet vermeende kinderverkragter evalueer

Aloysius van Wyk, 51, sal verwys word vir psigiatriese evaluering na sy prokureur Titus Mbaeva aan regter Christie Liebenberg bevestig het dat hy uitdagings met sy geestesgesondheid gehad voor die insident waar hy vermoedelik ‘n vyfjarige meisie verkrag het. Van Wyk is in hegtenis geneem nadat hy vermoedelik die dogtertjie op 1 Augustus 2019 by haar kleuterskool ontvoer het. Na hy die kind aangerand het, het hy haar saamgevat na ‘n shebeen toe waar hy gedrink het. Die polisie het hom daar in hegtenis geneem. Hy sê hy was onder die invloed van dwelms en het eers na hy nugter geword het, besef wat hy gedoen het. Liebenberg het beslis dat twee psigiaters, een van die staat en een in die privaatsektor hom afsonderlik sal evalueer. Die saak is tot 15 Julie uitgestel.