Mr BIG, vermeende sindikaatleier, doodgeskiet

Die polisie het bevestig dat ‘n vermeende leier van ‘n renosterstropingsindikaat, Petros Sidney Mabuza — ook bekend as Mr Big — doodgeskiet is. Mabuza is in Hazyview in Mpumalanga geskiet en is op pad na die Kiaat-hospitaal in Mbombela dood. ‘n Polisiewoordvoerder sê drie gewapende aanvallers het op Mabuza losgebrand toe hy in sy motor by ‘n winkelsentrum gesit het. Mabuza was sedert 2018 gereeld in die hof in verband met verskeie aanklagte van renosterstropery. ‘n Bejaarde vrou is in die voorval raakgeskiet en sterk tans in die hospitaal aan.