Mboweni, nes Geingob, soek nie inkomste-toelaag nie

Die Suid-Afrikaanse finansiesminister Tito Mboweni, sê hy is nie ten gunste van ‘n basiese inkomste-toelaag nie. Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu het vroeër gesê haar departement gaan voort met planne om die toelae in te stel wat op werklose mense tussen die ouerdomme van 19 en 59 gemik sal wees. Mboweni sê hy sal aansporings vir indiensneming bo ‘n basiese inkomste-toelaag verkies. In Namibië word daar sedert onafhanklikheid ‘n beroep gedoen vir so toelaag maar dat dit aan almal tussen 18 en 59 betaal word. President Hage Geingob is sterk daarteen gekant…