Psemas-kontrak uitgestel

Die regering het die Psemas-kontrak eers op ys geplaas omdat die mediese skema aangepas en hervorm word. Maatskappye wat gebie het om die fonds, die grootste on die land te bestuur, sal daarvolgens moet wag en weer voorleggings indien. Die woordvoerder van die ministerie van finansies Tonateni Shidhudhu sê dit maak nie sin om ‘n langtermynkontrak toe te ken voor die fonds, wat die afgelope jare gebuk gaan onder wanbestuur, diefstal en bedrog, hervorm word nie. Shidhudhu sê hulle hoop om teen die einde van die huidige finansiële jaar die proses te voltooi.