Gabby is vermoor

Gabby Petito is verwurg. Dit is die bevinding van die patoloog wat haar nadoodse ondersoek gedoen het. Die 22-jarige wat ‘n ‘Van Life-blog’ bedryf het, was op vakansie regoor die VSA met haar verloofde Brian Laundrie. Haar liggaam is uiteindelik op 19 September in ‘n nasionale park in Wyoming gevind. Volgens die patoloog was sy reeds verskeie weke voor dit vermoor. Sy is op die eerste September as vermis aangemeld na Laundrie sonder haar teruggekeer het. Hy is sedertdien soek. Hy het op 14 September vir sy ouers gesê hy gaan stap en het verdwyn. Hy is van bedrog aangekla omdat hy Petito se bankkaart na haar dood gebruik het maar is nie aangekla vir haar dood nie.