Psemas-eise word nie betaal nie – probleem met sisteem

Gesondheidspraktisyns se Psemas-eise word op hierdie stadium deur die sisteem afgekeer. Volgens Eben de Klerk van ISG Risk Services het die probleem op 1 Mei sy kop uitgesteek en daar is kommer oor eise wat tussen 2 tot 4 maande vat voor goedkeuring of afkeuring bekend gemaak word. Medici loop volgens De Klerk die risiko dat hulle finansieel in ‘n kwesbare posisie geplaas kan word en Psemas pasiënte kan hulp geweier word. De Klerk het uitsluitsel gesoek maar tot dusver nog niks in die verband ontvang nie.