Kevin blyk om terug te wees!

Kevin Anderson van Suid-Afrika is terug op die wenpad na sy sesde ATP-titel in die Hall of Fame Ope in Newport, Rhode Island in Amerika. Anderson, wat weens beserings sy pad moes terugveg, het Jenson Brooksby gister met 7-6, 6-4 geklop om sy eerste titel sedert Januarie 2019 te wen. Hy is die eerste Suid-Afrikaner sedert Neville Godwin in 2001 wat in Newport kon wen. Anderson sê hy hoop hierdie oorwinning is die begin van sy terugkeer: