Prysstygings van kunsmis raak Namibiese boere

‘n Styging in die pryse van landbou-chemikalieë op die internasionale mark voorspel niks goeds vir Namibiese graanprodusente nie. Landbou-chemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, het hoog gebly weens die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Produksie-insette is reeds baie hoog in Namibië, sê Gilbert Mulonda van die Namibiese Agronomiese Raad. Hy sê die prysstygings sal die meeste van Namibiese boere raak, want dit sal duur word om voedsel te produseer. Op die winkelrakke sal produkte ook duurder word. Mulonda verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.