Aanvalle op busse in Kaapstad veroordeel

Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer en openbare werke, Daylin Mitchell, het die taxibedryf se operateurs en bestuurders se misdadige optrede van vandalisme en intimidasie die afgelope paar dae in Nyanga, Kaapstad, skerp veroordeel. ‘n Golden Arrow-bus en ‘n bakkie is vanoggend aan die brand gesteek en 22 busse is beskadig toe dit met klippe bestook is. Mitchell sê busbestuurders en ander vervoerpersoneel is geïntimideer en ‘n aantal voertuie van die Stad Kaapstad is aangeval.