Pryse van landbouchemikalieë styg

‘n Ekonoom van Graan SA waarsku dat ‘n styging in die pryse van landbou-chemikalieë op die internasionale mark niks goeds vir Suid-Afrikaanse graanprodusente voorspel nie. Volgens Ikageng Maluleke het landbou-chemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, hoog gebly as gevolg van die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Maluleke sê die enigste ligpunt vir Suid-Afrika is die sterk rand wat die prysdruk ietwat verlig. Anton Botha, ‘n graanprodusent naby Bultfontein in die Vrystaat, sê die jaar-op-jaar-styging van insetkoste is volgens hom skrikwekkend.