Ruimtevaarder erken skuld op dood van susters

James Halsel Junior, ‘n voormalige Nasa-ruimtevaarder, het skuld beken nadat twee susters (13 en 11) byna vyf jaar gelede in ‘n ongeluk dood is. Volgens internasionale media was hy glo onder die invloed van alkohol en dwelms toe hy in ‘n ander voertuig vasgery het.