Kanker-appelprojek mondig

Die 2021 Bank Windhoek Kanker-appelprojek het vandag in samewerking met die Kankervereniging van Nambië afgeskop. Dit is een van die mees suksesvolle fondsinsamelingsprojekte en is vanjaar mondig nadat dit in 2000 van stapel gestuur is. Op 30 Junie sal appels, selfs ‘n e-appel, te koop wees. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging Rolf Hansen deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.