Pryse sal bly styg – ekonoom

As voorspellings deur ekonome korrek is, is daar geen verligting in die nabye toekoms vir huishoudings nie. Syfers vir April staan tans op 3,9 persent teenoor 1,6 persent in April verlede jaar. Vervoer, voedselpryse, tabakpryse en die koste van alkoholiese en nie-alkoholiese drankies word vir die styging blameer. Die pryse van voedsel en nie-alkoholiese drankies het met amper 6 persent op ‘n jaargrondslag gestyg. Vleis is tans 15,8 persent duurder as verlede jaar met vrugte op 10,6 persent en olies en vette op 7,5 persent. Goedere en dienste het met 6,6 persent duur geword. Cheryl Emvula, ‘n Ekonoom van Cirrus in die hoofstad…