20 tienerswangerskappe ‘n dag, vir twee jaar

Meer as 15 000 tienermeisies het gedurende die 2020-21 en 2021-22 boekjare swanger geraak. Dit verteenwoordig 20 swangerskappe elke dag. Die gesondheidsminister Kalumbi Shangula, sê in die eerste boekjaar het die Kavango Wes-streek die hoogste aantal swangerskappe, op 24,3 persent, aangeteken, gevolg deur Kunene met 22,4 persent en Kavango Oos met 21,1 persent. Die laagste aantal swangerskappe is in Khomas op 7,8 persent aangeteken. Erongo het 8,8 persent aangeteken en Oshana, 9,6 persent. Die syfers is ongeveer dieselfde vir die 2021-22 boekjaar. Shangula sê die swangerskappe ontwrig die meisies se opvoedingstrajek en beperk inkomste verder. Daar is dus ‘n behoefte om te verseker dat veilige en betroubare voorbehoedmiddels maklik toeganklik, bekostigbaar en in ‘n wye verskeidenheid vorms beskikbaar is vir almal wat dit in alle dele van die land nodig het.