Proteas teleurgestel om T20-reeks teen Indië te verloor

Krieket: David Miller van Suid-Afrika sê dit is ʼn teleurstelling om die T20-reeks teen Indië te verloor. Indië kon Sondag die knoop deurhaak ten spyte van ʼn verwoestende, onoorwonne 106 van David Miller. Die gashere het op Guwahati ‘n oorwinning van 16 lopies in die tweede wedstryd behaal om vir die eerste keer ʼn T20-reeks tuis teen die Proteas te wen. Volgens Miller wil hulle graag môre in die derde en laaste wedstryd verbeter ter voorbereiding van die T20 Wêreldbeker wat later vandeesmaand in Australië begin.