Brasiliërs stem weer einde Oktober

Die voormalige Brasiliaanse President, Luiz Inácio ‘Lula’ da Silva ook bekend as Lulu, van die linkse Werkersparty het Sondag die meeste stemme in die presidensiële verkiesing gekry, maar nie genoeg om ‘n herstemming teen sy verregse teenstander, die sittende Jair Bolsonaro te vermy nie. Lula het sowat 48 persent van die stemme gekry, maar het 50 persent nodig om die algehele wenner te wees. Hy keer terug na die politiek 20 jaar nadat hy die eerste keer as President gedien het. Die herstemming sal aan die einde van die maand plaasvind.