Tienduisende Amerikaners ruk op teen vuurwapengeweld

Tienduisende betogers het in Washington DC en regoor die VSA saamgetrek en ‘n beroep op wetgewers gedoen om wetgewing deur te voer wat daarop gemik is om vuurwapengeweld te stuit ná verlede maand se bloedbad by ‘n laerskool in Texas. March for Our Lives, die vuurwapen-veiligheidsgroep wat gestig is deur studente-oorlewendes van die 2018-slagting by ‘n hoërskool in Parkland, Florida, het meer as 450 saamtrekke beplan. In Washington DC het 40 000 mense opgeruk met die boodskap aan politieke leiers: Jou gebrek aan optrede maak Amerikaners dood.