Proteas se opwarmingswedstryd teen Aussies eindig onbeslis

Krieket: Suid-Afrika se vierdaagse opwarmingswedstryd teen ʼn elftal van Krieket Australië in Brisbane het onbeslis geëindig.  Die Proteas het 347 in hulle eerste beurt aangeteken en toe die tuisspan vir 226 uitgehaal voor hulle hul tweede beurt op 304 vir agt gesluit verklaar het. Die Aussies was aan die einde van die wedstryd op 184 vir ses, steeds 242 duskant die teiken. Die boul-afrigter van die Proteas, Charl Langeveldt, is tevrede met die voorbereiding voor die reeks van drie toetse.