RET-faksie kan nie Ramaphosa tot ‘n val bring

‘n Politieke ontleder sê die ANC-faksie wat radikale ekonomiese hervorming voorstaan het gehoop die parlement se Phala Phala-bevinding sal President Cyril Ramaphosa se politieke ondergang beteken. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het ingestem dat die party se parlementslede môre teen die aanvaarding van die Artikel 89-verslag oor Phala Phala sal stem. Ntsikelelo Breakfast sê die skrif is nou aan die muur dat Ramaphosa ‘n tweede termyn gaan wen en die enigste opsie wat kwaadpraters het, is om hom te probeer keer.