Proteas se boulers moet blitsig wees

Krieket: Die Proteas se boul-afrigter Charl Langeveldt sê die boulers sal vinnig en beslissend moet optree as hulle sukses wil behaal in Australië. Die eerste van drie toetse tussen die twee nasies begin Saterdag op die Gabba in Brisbane. Langeveldt sê dis belangrik om vroeg sielkundige punte met die bal aan te teken teen ‘n baie sterk Australiese boul-aanval. Hy voeg by toestande by die eerste toets se veld sal waarskynlik Suid-Afrika se finale spankeuse bepaal.