Bathabile Dlamini sê sy gaan nie geboelie word

Die gewese leier van die ANC-vroueliga, Bathabile Dlamini, sê geen struktuur in die regerende party is bo die konferensie verhef nie. Sy daag die besluit uit om haar te diskwalifiseer om as kandidaat te staan vir ‘n posisie in die nasionale uitvoerende komitee. Sy is weens haar vorige skuldigbevinding nie kiesbaar nie. Dlamini het in April ‘n opgeskorte vonnis van vier jaar en ‘n boete van 200 000 Suid-Afrikaanse rand ontvang nadat sy aan meineed skuldig bevind is. Sy sê sy gaan nie geboelie word nie.