Johannesburgers moet opstaan na vloede

Die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse, sê almal moet nou saamwerk om ‘n mate van normaliteit te skep ná die onlangse vloede, wat infrastruktuur vernietig en lewensbestaan verwoes het. Altesame 339 mense is deur oorstromings geraak, met 269 huise en plakkershutte wat meegesleur is. Klipspruit is die ergste geraak. Phalatse sê hulle sal voortgaan om hulpbronne beskikbaar te stel vir humanitêre en opruimingsoperasies reg deur die stad.