Proteas ly vernederende nederlaag teen Indië

Krieket: Die Proteas het ‘n vernederende nederlaag gely in die derde en beslissende eendag-wedstryd teen Indië in Delhi. Suid-Afrika is vir net 99 uitgeboul, met Heinrich Klaasen se 34 die hoogste telling en Kuldeep Yadav wat vier paaltjies geneem het. Die tuisspan het die teiken maklik bereik met net drie paaltjies plat en 30 boulbeurte oor. Shubman Gill het 49 bygedra en Indië het die reeks 2-1 ingepalm. Dit was nie ‘n goeie dag vir David Miller, wat die Proteas die eerste keer aangevoer het nie.