Kinderhuwelike gaan oor die volgende dekade drasties styg

Die Dag van die Meisiekind word vandag gevier. Die aantal meisies wat die risiko loop van kinderhuwelike oor die volgende 10 jaar het toegeneem tot 110 miljoen as gevolg van die Covid-pandemie. Hierdie getal het van 100 miljoen toegeneem weens pandemie-verwante armoede en onderwys-ontwrigtings, sê die uitvoerende direkteur van die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds Natalia Kanem. Sy sê wêreldwyd is byna twee keer soveel meisies tussen die ouderdomme van 15 en 19 nie op dieselfde vlak in onderwys of opleiding as seuns van dieselfde ouderdom nie.