Proteas kry uiters goeie oefening
Minstens 17 boulers is ingespan in Maandag se Wêreldbeker-opwarmingwedstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Indië. Selfs die paaltjiewagter, Heinrich Klaasen, het sy kans met die bal gekry vir die Proteas. Quinton de Kock was die beste Protea-kolwer met ‘n onoorwonne 84, wat ‘n vennootskap van 72 lopies met Rassie van der Dussen ingesluit het. Die Swartpette het die reëngeteisterde wedstryd met sewe lopies gewen toe die Duckworth-Lewis-Stern-reël toegepas is. Van der Dussen sê dit was nietemin goeie voorbereiding vir die toernooi: