Sewe dwelm-beslagleggings oor die naweekJune 2, 2025
Tien mense, waarvan drie vroue is, is die naweek in sewe verskillende voorvalle in hegtenis geneem met dagga en Mandrax in hul besit. Twee van die voorvalle was op Keetmanshoop, twee op Karasburg en die ander drie in Narraville. Die totale waarde van die al die dwelms waarop beslag gelê is, is nog nie bekend nie, maar dit is veel meer as 37 000 Namibiese dollar.