Proteas kry slae in Grenada

Krieket: Wes-Indië het die Proteas gisteraand in Grenada in die eerste van vyf Twintig20-internasionale wedstryde verslaan. Ná hulle die toetsreeks gewen het, is die bordjies verhang en is die Suid-Afrikaners met agt paaltjies in die T20 geklop. Die Proteas, wat eerste gekolf het, het tot 160 vir ses aangesukkel, met Rassie van der Dussen wat ‘n onoorwonne 56 aangeteken het. Die Windies se openingskolwer, Evin Lewis het toe 71 lopies van 35 balle gemoker, en die gasheerspan gehelp om 161 vir twee te behaal met 30 aflewerings oor. Die Suid-Afrikaane boulers moes toekyk hoe die Wes-Indiese kolwers 15 sesse slaan.