Britse minister van Gesondheid bedank

Die Britse minister van Gesondheid, Matt Hancock, het bedank ná hy sosiale afstandreëls oortree het deur ‘n kollega te soen. Hancock sê in ‘n brief aan die eerste minister, Boris Johnson, die regering skuld dit aan mense wat soveel in die pandemie opgeoffer het om eerlik te wees wanneer hulle in die steek gelaat word. Hancock en die vrou wat hy in sy kantore van die Departement van Gesondheid gesoen het, Gina Coladangelo, is albei getroud met drie kinders.