Nog baie raaisels oor die sogenaamde VVV’s

‘n Nuwe verslag van die Amerikaanse regering oor VVV’s kom tot die slotsom dat
verdedigings en militêre ontleders nie oor genoeg data beskik om die aard van
raaiselagtige vlieënde voorwerpe te bepaal, wat deur Amerikaanse vlieëniers opgemerk
is nie. Dit sluit ook in of dit gevorderde tegnologie is, en of die oorsprong atmosferies of
van die buitense ruimte is. Die ongeklassifiseerde verslag van nege bladsye sluit in 144
observasies van onuitgekende verskynsels in die hemelruim wat tot 2004 terugdateer.