Proteas kan eerste eendag-reeks teen Engeland wen

Krieket: Die Proteas het die geleentheid om hulle eerste internasionale eendag-reeks in Engeland sedert 1998 te wen wanneer die twee spanne vanmiddag in die tweede wedstryd op Old Trafford in Manchester kragte meet. Suid-Afrika het die openingswedstryd in die reeks van drie wedstryde met 62 lopies gewen, terwyl die laaste kragmeting Sondag in Leeds sal plaasvind. Die snelbouler, Anrich Nortjé, hoop Manchester se kolfblad gaan beter wip bied: