Boere gemaan oor brandseisoen

Nes in Namibië en regoor die streek, word veldbrande ‘n uitdaging veral na die goeie reënseisoen. Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, Mase Manopole, het ‘n beroep gedoen op boere en grondgebruikers om uiters waaksaam te wees tydens die verwagte veldbrandseisoen. Die departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die LUR is bekommerd dat die brandrisiko dalk nie net tot die oostelike deel van die provinsie beperk sal wees nie. Hy sê dit kan na die hele provinsie versprei nadat hulle vanjaar goeie reën gehad het: