Botswana wis byna oordrag van MIV van ma’s na babas uit

Botswana het feitlik heeltemal daarin geslaag om die oordrag van MIV van ma’s na hulle pasgebore babas te voorkom. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê die land het 23 jaar gelede ‘n oordragkoers van 40 persent gehad. Net vier MIV-positiewe babas is tot dusver vanjaar gebore. Die WGO sê dit is ‘n groot prestasie vir ‘n land wat een van die ergste epidemies in die wêreld het en ‘n groot stap vorentoe om vigs in Afrika uit te wis. Slegs 15 lande in die wêreld is gesertifiseer dat hulle ma-na-kind MIV-oordrag uitgeskakel het.