Meer as 100 werkers van Cash & Carry op Rundu werkloos

Meer as 100 werknemers van die Cash and Carry-supermark op Rundu sit sonder werk nadat hulle einde Desember aan ‘n betoging deelgeneem het. Hulle het ‘n petisie oorhandig oor bewerings van onregverdige behandeling, lae lone en swak werksomstandighede. Hulle is reeds deur nuwe werknemers vervang. Die Nafau-verteenwoordiger by Rundu, Paulus Mushongo, sê die geraakte werknemers het in 2020 opgehou om hul bydraes tot die vakbond te betaal, daarom is daar niks wat Nafau aan hul lot kon doen nie.