Protea-vroue takel Engeland in Northampton

Krieket: Die Protea-vroue begin vanmiddag hulle eendag-internasionale reeks teen Engeland in Northampton. Die kragmeting is die begin van die reeks van drie wedstryde tussen twee van die voorste drie spanne op die Internasionale Krieketraad se eendag-ranglys vir vroue. Dit is die eerste keer wat die twee spanne in dié formaat van die spel ontmoet, sedert Engeland hulle Wêreldbeker-halfeindstryd vroeër vanjaar gewen het. Die Proteas se kaptein, Suné Luus, wil graag die uitslag verbeter.