Casino’s in Macau se aandele daal skerp weens inperkings

Casino’s in Macau se aandele daal skerp aan die begin van ‘n week lange inperking in die Chinese stad, om ‘n Covid-uitbreking te stuit. Die aandelepryse van ses dobbelmaatskappye het vanoggend met tussen ses en byna nege persent geval. Die stad se meer as 30 casino’s en nie-noodsaaklike sakeondernemings, is van vandag af gesluit nadat meer as 1 000 besmettings in die afgelope drie weke aangeteken is. Die wêreld se grootste dobbelsentrum sluit al sy casino’s vir die eerste keer in meer as twee jaar.