Protea-vroue speel vandag teen Indië

Die Proteas pak Indië vandag in hulle laaste groepwedstryd van die Vroue-Wêreldbeker in Christchurch, Nieu-Seeland. Suid-Afrika het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer, maar Indië moet dié wedstryd ten alle koste wen. Australië en Suid-Afrika is onderskeidelik eerste en twee op die punteleer met die Aussies wat ook na die halfeindronde deurgedring het. Indië het gekies om vanoggend eerste te kolf en het ‘n indrukwekkende 274 vir sewe in hulle 50 boulbeurte aangeteken.